Daar is 'n nuwe d6 Toep! Gaan kyk hier om meer te leer.
Laerskool Montagu - Ywer Bring Sukses
Laerskool Montagu is ʼn waardegedrewe skool wat Christelike en universele waardes belangrik ag en in ons skoolgemeenskap doelgerig nastreef.
Waardes word gekoppel aan ʼn jaartema, waaraan maandelikse waardes gekoppel word. Weekliks word onderafdelings van die maand se waarde beklemtoon, waar leerders wat die waarde op ʼn besondere wyse uitgeleef het, erkenning kry deur ʼn pragtige sertifikaat wat tydens saalopening uitgedeel word. Leerders kry verdere erkenning deur positiewe punte op hul gedragsrekord te ontvang.
In 2026 gaan ons 15 jaar van Gunste, Gawes en Genade vier. Ons gaan elke maand terugkyk na 'n vorige jaar se tema.
Einde 2025 het ons begin met die implimentering van 'n waardes periode elke Dinsdag en Donderdag. Gedurende daardie tyd spandeer klasonderwysers tyd met hul klasse om 'n verskeidenheid van waardes en denkwyses vas te lê. Dit word gedoen met behulp van Class Dojo en ander hulpbronne.