Daar is 'n nuwe d6 Toep! Gaan kyk hier om meer te leer.
Totale skoolgeld vir 2026 sal R16 060 beloop met die volgende betaalplan:
Eerste betaling van R1 460 betaalbaar voor 31 Januarie 2026, plus tien verdere paaiemente van R1 460 elk maandeliks vooruitbetaalbaar vanaf 1 Februarie 2026 tot 1 November 2026.
Ekstra Robotika en Kodering & Rekenaargeletterdheid: Klasgeld is R1 000 per jaar betaalbaar voor 31 Januarie 2026, of R450 per
kwartaal betaalbaar teen die tiende skooldag van elke kwartaal.
Hierdie klasse is opsioneel, daarom word slegs leerders wat dié betaling maak tot die lokaal toegelaat. Ekstra tyd binne die rooster word hiervoor ingeruim.