Daar is 'n nuwe d6 Toep! Gaan kyk hier om meer te leer.
Laerskool Montagu - Ywer Bring Sukses
Die Biblioteek is ‘n bedrywige lokaal. Uiteraard word boeke uitgeneem vir die genot van lees. Dit word egter ook gebruik vir navorsing om take te voltooi en om boekverslae te skryf of as mondelinge onderwerp aan te bied. Leerders, sowel as onderwysers, maak in groot mate gebruik van die biblioteek sodat die leerder sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel.
Die skool se Jaartema, Monties wat HOP, bied ‘n wye uitbeeldingspotensiaal. Die hooftema, sowel as subtemas per maand en week, word op die kennisgewingbord in die portaal van die biblioteek uitgebeeld.
Skrywers soos Jaco Jacobs en Fanie Viljoen kom spreek gereeld die leerders toe. Daar word ook elke jaar ‘n aantal boekuitstallings aangebied wat leerders, ouers en lede van ons plaaslike gemeenskap die geleentheid bied om nuwe boeke aan te skaf. Terselfdertyd trek die skool voordeel daaruit deurdat ons ‘n goeie korting op aankope kry, of as alternatief, ‘n aantal nuwe boeke wat ons boekevoorraad uitbrei.
Wat werkswyse betref, word daar elke kwartaal ‘n biblioteekleier vir elke klas in elke graad aangewys. Dit is vir leerders dan ook ‘n eer om in dié hoedanigheid sy/haar leierskapspotensiaal te benut. Verder word daar ook elke week twee leerders aangewys wat die voorreg het om behulpsaam te wees deur uitleenkaartjies en boeke agter die uitleentoonbank te stempel.
Voorwaar ‘n leerskool vir die lewe.