Daar is 'n nuwe d6 Toep! Gaan kyk hier om meer te leer.
Laerskool Montagu - Ywer Bring Sukses
Ons begin hierdie jaar met die interne implementering van die nuwe voorgestelde Kodering en Robotika kurrikulum. Bo en behalwe rekenaarvaardighede gaan ons vanjaar die leerders probleemoplossing en kodering leer.
Hierdie addisionele klasse, waarvoor ekstra tyd bo die minimum onderrigtyd op die rooster ingeruim word, is bo en behalwe gewone klasbesoek aan die rekenaarsentrum vir kurrikulum onderrig. Leerders word genooi om die rekenaarklasse by te woon, om so ook aan hierdie opwindende aksie deel te neem.
Naskool vir 'n uur op Dinsdae en Woensdae kom die Robotikaklub bymekaar in die Rekenaarklas.
Graad 5 tot 7 leerders wat ook rekenaars neem kry kans om ekstra tyd aan Robotikaprojekte te spandeer of meer te leer oor verkeie sagteware.
In 2023 het Juffrou Marika Enslin begin met die Montagu Interaktiewe Tegnologie Uitstalling (MITU). Ons hou sterk aan met hierdie tradisie. Leerders kry 'n kans om te wys waaraan hulle gewerk het die jaar en ons vier Tegnologie.