WAARDES

Laerskool Montagu is ʼn waardegedrewe skool wat Christelike en universele waardes belangrik ag en in ons skoolgemeenskap doelgerig nastreef.

Die uitleef van hierdie waardes word gekoppel aan ʼn jaartema, waaraan maandelikse waardes gekoppel word. Weekliks word onderafdelings van die maand se waarde beklemtoon, waar leerders wat die waarde op ʼn besondere wyse uitgeleef het, erkenning kry deur ʼn pragtige sertifikaat wat tydens saalopening uitgedeel word.

Die WKOD het twee projekte, wat by mekaar aansluit, geïmplimenteer in elke skool in die Wes-Kaap. Dit staan bekend as die Transform to Perform en Change Mindset projekte. Hierdie waardegedrewe projekte sluit perfek aan by die waardegedrewe stelsel van die skool, wat reeds vir etlike jare formeel bestaan.

“Mag die Jaartema, In my Reistas, waarlik vir ons leerders, personeel en ouergemeenskap ‘n positiewe ervaring wees, sodat ons elke dag doelgerig in dankbaarheid kan leef.”

Jaartema 2023