VISIE EN MISSIE
VISIE
Om Monties toe te rus vir die toekoms deur hul volle potensiaal te ontwikkel.
MISSIE
KIND
Met veranderende onderwysmetodes ons kinders prikkel en inspireer om so hulle onderwysbehoeftes aan te spreek. Ons strewe na kleingroeponderrig, ondersteun deur hedendaagse hulpmiddels, waar die kind met selfvertroue bewyse van leer kan demonstreer op sy/haar ontwikkelingsvlak. Leerders se individuele potensiaal word identifiseer en ontwikkel.
PERSONEEL
Kundige personeel wat bereid is om deur voortdurende selfontwikkeling aan te pas by die eise van die tyd. Personeel word ondersteun deur “hulpmiddele en assistente”.
WAARDESISTEEM
Ons waardesisteem word onderskryf deur Bybelse waardes.
OUERS EN GEMEENSKAP
Die uitbouing van die vertrouensverhouding tussen die skool en ouerhuis, betrokkenheid by die leer en lewe en dissipline van hul kinders en ondersteuning van die skool.
WES-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT
Ons erken die Departement van Onderwys se rol in die hele onderwysproses en ons verwag dat die departement ‘n ondersteunende rol sal speel in die skool se Visie en Missie.
BESTUUR
Optimale benutting van die infrastruktuur en die hulpbronne. Gesonde finansiële bestuur. Deursigtige wedersydse kommunikasie.
DOELSTELLINGS VAN DIE SKOOL
- Om onderwys van hoogstaande gehalte aan leerders te voorsien.
- Om in leerders se opvoedkundige behoeftes te voorsien, sonder om op enige wyse onregverdig te diskrimineer.
- Om kinders in Afrikaans, met Engels as Addisionele Taal, te onderrig sonder om enige vorm van rasse-diskriminasie toe te laat.
- Om behoudens die bepalings van Artikel 7 van die Wet, Godsdiensbeoefening by die Skool, op ‘n billike wyse te laat geskied en om die bywoning daarvan deur leerders en personeellede op ‘n vrywillige grondslag te laat plaasvind.
- Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle bates van die skool, slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalings van Artikel 37 van die Wet en Dienste, sowel as fasiliteite daar te stel in belang van die leerders en van die onderwys.
- Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge sal kan nakom.
- Om die gemeenskap te dien deur leerders so voor te berei dat hulle as goed opgevoede persone hulle plek in die gemeenskap sal kan inneem.
- Om aan die personeel van die skool die geleentheid te bied om professioneel te groei, werksbevrediging te kry en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte te lewer.
- Om ‘n bydrae te lewer tot die bevordering van sport en kultuur in die algemeen, maar in besonder om sport- en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van die leerders in die skool.
- Om toe te sien dat die nodige inwoning, voedsel en geriewe verskaf word aan leerders wat van die koshuisgeriewe gebruik maak.