Sport




By Laerskool Montagu word ‘n verskeidenheid sportsoorte aangebied: Atletiek, Krieket, Mini-krieket, Dogterskrieket, Netbal, Rugby, Hokkie, Tennis. Buite-sportsoorte soos gholf, karate, tweekamp, rotsklim, fietsry, swem, draf, muurbal, gimnastiek en perdry word gereeld deur ons leerders beoefen.
Ons streef daarna om soveel as moontlik geleenthede vir ons spelers te skep om aan wedstryde deel te neem. Ons neem deel aan verskeie sportdae en ligawedstryde. Elke jaar bied ons ook ons eie Montie Sportdag aan.
Sporttoere word onderneem en afrigtingsklinieke word jaarliks gereël. Aan die einde van die seisoen gaan die o/13-rugby- en netbalspelers ook op ‘n afsluitingstoer.
Spelers word blootgestel aan proewe en verskeie spelers is al gekies om provinsiale spanne te verteenwoordig. Sertifikate, bekers en speler van die wedstrydtrofeë word oorhandig wat verder dien as motivering vir die spelers.
Ons plaas veral fokus op deelname en genot en die aanleer van vaardighede om die liefde vir sport by ons leerders te kweek.




