REKENAARKLAS




By Laerskool Montagu is ons baie trots op ons rekenaarlokaal!
Die moderne, goed-toegeruste rekenaarlokaal beskik tans oor ‘n bediener (server) en ‘n netwerk van 30 rekenaars. Leerders (gr.1-7) kry weekliks die geleentheid om deel te wees van ons rekenaargeletterdheidsklasse.
‘n Wye verskeidenheid sagteware word met die leerders behandel. Onderwerpe word goed verduidelik, waarna die leerders ruim tyd kry vir oefening.
Die skool is deel van die Greenshoots Wiskunde-program wat klasse gereeld gebruik om hulle Wiskunde te versterk. Die rekenaarlokaal is ook beskikbaar vir leerders om navorsing te doen, take te voltooi en te druk.
Ons glo dat die kennis wat leerders hier opdoen, hulle voorberei vir die vinnig-groeiende tegnologiese wêreld waarin ons leef.

