INTERSENFASE

Intersen
Intersenfase
Intersen
Intersenfase

Die Intersenfase het tans twee klasse per graad. Daar word gepoog om die klasse so klein as moontlik te hou, sodat individuele aandag makliker aan die leerders gegee kan word.

Bekwame en toegewyde onderwysers beywer hulle om met die nuutste tegnologie die Monties kreatief en innoverend by die leerproses te betrek. Daar word hoë eise aan die leerders gestel en hulle word aangemoedig om vir hulself mikpunte te stel en doelgerig daarna te streef.

Ons jaartema vanjaar is: In my Reistas. Ons koester hoë verwagtinge van ons leerders en glo dus dat elke leerder nog ‘n suksesvolle jaar deur Montieland sal reis.

Ons leerders word deur die jaar beloon by ons saalbyeenkomste met sertifikate wat aan hulle toegeken word vir verskillende aspekte rakende die akademie.

Die hoogtepunt van ons akademiese jaar is ons Erkenningsaand waar ons leerders beloon word vir hul harde werk. Akademiese Prestasietoekennings word ook kwartaalliks aan leerders toegeken.

Ons leerders neem ook jaarliks deel aan verskeie olimpiades en kompetisies (Wiskunde en Tale) waarin hulle uitstekende resultate behaal. Van ons deelnemers behaal 100% in die Conquesta Olimpiade. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Ons Graad 6 –leerders presteer uitstekend in die jaarlikse WKOD Sistemiese Toetse in Wiskunde en Huistaal.

Die leerders besoek ook weekliks die rekenaarklas, waar hulle dan ook die geleentheid kry om remediërende of aanvullende werk te doen ter versterking van die akademie. Die leerders volg die Greenshoots Program om hul vaardigheid in Wiskunde te verbeter en te versterk.

Intersenfase
Intersenfase