GRONDSLAGFASE




In die Grondslagfase beskik ons oor twee klasse per graad waar goed-opgeleide onderwysers leerders aanmoedig om hulle volle potensiaal te ontwikkel. Daar word gepoog om die leerder-onderwysergetalle in hierdie fase so laag as moontlik te hou sodat ons ‘n goeie grondslag vir die leerders kan lê. Ons skool het ook ‘n Leerondersteuningspos waar leerders onttrek word gedurende skoolure en ekstra hulp word ook aan hulle gebied. Benewens die toegeruste klaskamers, is daar ook ‘n speelgrond waar die leerders na hartelus kan klim en klouter.
Bekwame onderwyseresse woon gereeld vergaderings by om op hoogte te bly van die nuwe kurrikulum.
Ons handhaaf ‘n hoë standaard en ons gaan hierdie jaar aansluit by ons jaartema: In my reistas.
Ons graad 3 leerders doen elke jaar baie goed in die sistemiese toetse van die WKOD.
Vanaf 2013 neem ons ook aan die Conquesta vraestelle deel.
Gedurende die kwartaal word die leerders elke week beloon met sertifikate vir verskeie aspekte.
Aan die einde van die jaar, tydens die Erkenningsaand, word die leerders elkeen met ‘n sertifikaat beloon. Daar word ook medaljes aan die top-presteerders in Afrikaans, Engels en Wiskunde toegeken.

