BEMARKING

ALGEMEEN

Gebeurtenisse in en om Montieland word weekliks in die Montienuus geplaas sodat ouers en vriende altyd weet wat hier gebeur. Belangrike nuus en foto’s word ook gereeld in AWSUM en op die skool se Facebook-blad geplaas.

Laerskool Montagu bied geleentheid vir potensiële borge. Deur u ondersteuning help u ons met fondse om baie van ons ideale te bereik, sodat die Monties die beste onderrig op verskeie gebiede kan ontvang. Gesels met die skoolhoof oor ‘n inisiatief om ‘n belastingsertifikaat te kry vir donasies wat u maak. Besoek die wêreld van die Monties en word deel van Montieland, waar gelukkige kinders woeker en werskaf!

“MY SCHOOL”

Laerskool Montagu neem aan die nasionale “MySchool”-fondsinsamelingsprojek deel. Skole kry finansiële voordeel wanneer “MySchool”-lede aankope by sekere winkels doen. Hierdie is nie ‘n finansiële uitgawe vir u nie, ons vra bloot dat u registreer. Hierdie plaaslike instansies neem ook deel aan “MySchool”.

Voltooi die MySchool Aansoekvorm

Vir meer besonderhede besoek MySchool Webtuiste.

MONTIE-MALL PROJEK

Opwindende fondsinsamelingsgeleentheid.

Kontak die skool vir verdere inligting.