Nuutste Nuus

Kwartaalprogram - Kw 4

 

 

2018/2019 GEGRADUEERDE INTERNSKAPPROGRAM (Wes-Kaapse Regering)

INTERNSKAPPROGRAM

 

INTERNSHIP PROGRAMME

 

IPROGRAM YANGO

 

 

Volg ons nuutste gebeure:

 

 

Ondersteun ons skool:

By Laerskool Montagu word 'n verskeidenheid sportsoorte aangebied. Leerders neem deel aan:

  • Atletiek
  • Krieket
  • Mini-krieket
  • Dogterskrieket
  • Netbal
  • Rugby
  • Tennis

 

Buite-sportsoorte soos gholf, karate, tweekamp, rotsklim, fietsry, swem, hokkie, draf, muurbal en perdry word gereeld deur ons leerders beoefen.

 

Ons streef daarna om soveel as moontlik geleenthede vir ons spelers te skep om aan wedstryde deel te neem. Ons neem deel aan verskeie sportdae en ligawedstryde. Elke jaar bied ons ook ons eie Montie Sportdag aan.

 

Sporttoere word onderneem en afrigtingsklinieke word jaarliks gereël. Aan die einde van die seisoen gaan die o/13-rugby- en netbalspelers ook op 'n afsluitingstoer.

 

Spelers word blootgestel aan proewe en verskeie spelers is al gekies om provinsiale spanne te verteenwoordig. Sertifikate, bekers en speler van die wedstrydtrofeë word oorhandig wat verder dien as motivering vir die spelers.

 

By Laerskool Montagu plaas ons die fokus op deelname en die aanleer van vaardighede om die liefde vir sport by ons leerders te kweek.

 

Sport

 

 


CopyWrite

© 2016 Laerskool Montagu All Rights Reserved