Nuutste Nuus

 

Kwartaal 3:

 

OB23 - Algemene ouerbrief

 

OB22 - Kwartaalbrief - Kw2

 

OB21 - Heropening van skool op 26 Julie 2021

 


 

Volg ons nuutste gebeure:


 

Ondersteun ons skool:

 

 

 

By Laerskool Montagu is ons baie trots op ons rekenaarlokaal!

 

Die moderne, goed-toegeruste rekenaarlokaal beskik tans oor 'n bediener (server) en 'n netwerk van 30 rekenaars. Leerders (gr.1-7) kry weekliks die geleentheid om deel te wees van ons rekenaar-geletterdheidsklasse.

 

'n Wye verskeidenheid sagteware word met die leerders behandel. Onderwerpe word goed verduidelik, waarna die leerders ruim tyd kry vir oefening.

 

Die skool beskik ook oor die Cami Maths program wat klasse gereeld gebruik om hulle Wiskunde te versterk. Die rekenaarlokaal is ook beskikbaar vir leerders om navorsing te doen, take te voltooi en te druk.

 

Ons glo dat die kennis wat leerders hier opdoen, hulle voorberei vir die vinnig-groeiende tegnologiese wêreld waarin ons leef.

 

Rekenaarklas

 

 

 

Deure na môre

Die skool het elke jaar ‘n spesifieke jaartema wat gekoppel word aan die waardes wat belangrik is in ons gemeenskap. Laerskool Montagu is ‘n skool met ‘n Christelike etos waar ons streef om Christelike waardes uit te leef. Leerders met ‘n ander geloofsoortuiging word gerespekteer en daarom word universele norme en waardes benadruk by ons leerders. Ons is trots daarop dat ons hierdie visie reeds die afgelope 19 jaar in ons skool handhaaf. Die WKOD het ‘n groot projek uitgerol, meer bekend as Perform to transform (T2P), wat daarop gerig is om positiewe waardes formeel in elke skool in die provinsie uit te rol. Die twee ideale sluit perfek by mekaar aan.

Vanjaar se jaartema is Deure na môre. Ons ondervind groot uitdagings weens Covid-19. Ten spyte daarvan, is ons strewe steeds om ons leerders geleentheid te gee en om hulle te ondersteun in die verwerwing van kennis en vaardighede. Elke stukkie kennis en vaardigheid help om sukses na die toekoms te verseker.

Die maandelikse temas word opgedeel in weeklikse onderafdelings, wat ook akademiese, sport en kulturele aktiwiteite insluit. ‘n Leerder in elke klas ontvang weekliks ‘n sertifikaat ter erkenning van die besondere uitleef van die week se tema. Die volledige jaartema is ook beskikbaar op die webwerf.

Mag 2021 die jaar word waarin ons groei uit ‘n moeilike tydperk sien, ons wens elke Montie sukse toe.

Die Biblioteek is 'n bedrywige lokaal. Uiteraard word boeke uitgeneem vir die genot van lees. Dit word egter ook gebruik vir navorsing om take te voltooi en om boekverslae te skryf of as mondelinge onderwerp aan te bied. Leerders, sowel as onderwysers, maak in groot mate gebruik van die biblioteek sodat die leerder sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel.

 

Die skool se Jaartema, (hierdie jaar Deure na môre) bied ‘n wye uitbeeldingspotensiaal. Die hooftema, sowel as subtemas per maand en week, word op die kennisgewingbord in die portaal van die biblioteek uitgebeeld.

 

Daar word ook elke jaar ‘n aantal boekuitstallings aangebied wat leerders, ouers en lede van ons plaaslike gemeenskap die geleentheid bied om nuwe boeke aan te skaf. Terselfdertyd trek die skool voordeel daaruit deurdat ons 'n goeie korting op aankope kry, of as alternatief, 'n aantal nuwe boeke wat ons boekevoorraad uitbrei.

 

Wat werkswyse betref, word daar elke kwartaal ‘n biblioteekleier vir elke klas in elke graad aangewys. Dit is vir leerders dan ook ‘n eer om in dié hoedanigheid sy/haar leierskapspotensiaal te benut. Verder word daar ook elke week twee leerders aangewys wat die voorreg het om behulpsaam te wees deur uitleenkaartjies en boeke agter die uitleentoonbank te stempel.

 

'n Altyd-gewilde bykomende aktiwiteit in die biblioteek is dat leerders toegelaat word om legkaarte te bou wanneer hulle reeds boeke uitgesoek het. Benewens die genot daarvan, leer hulle om met mekaar saam te werk: legkaarte bied die geleentheid om die vaardigheid te ontwikkel om 'n geheel saam te stel uit verskillende dele. Legkaarte bevat dan ook in sommige gevalle geografiese, geskiedkundige of biologiese feite.

 

Voorwaar 'n leerskool vir die lewe.

 

Biblioteek

 

 

RSS

CopyWrite

© 2016 Laerskool Montagu All Rights Reserved