Nuutste Nuus

 

Kwartaal 4:

 

OB50 - Montienuus (16 Nov)

 

OB48 - Montienuus (9 Nov)

 

OB47 - Montienuus (2 Nov)

 

OB45 - Montienuus (26 Okt)

 

OB44 - Montienuus (19 Okt)

 


 

Klerewinkel:

 

Nuwe Klere Bestelvorm

 


 

Volg ons nuutste gebeure:

 

 


 

Ondersteun ons skool:

 

 

 

By Laerskool Montagu is ons baie trots op ons rekenaarlokaal!

Die moderne, goed-toegeruste rekenaarlokaal beskik tans oor 'n bediener (server) en 'n netwerk van 28 rekenaars. Leerders (gr.1-7) kry weekliks die geleentheid om deel te wees van ons rekenaar-geletterdheidsklasse.

'n Wye verskeidenheid sagteware word met die leerders behandel. Onderwerpe word goed verduidelik, waarna die leerders ruim tyd kry vir oefening.

Die skool is deel van die Greenshoots Wiskunde-program wat klasse gereeld gebruik om hulle Wiskunde te versterk. Die rekenaarlokaal is ook beskikbaar vir leerders om navorsing te doen, take te voltooi en te druk.

Ons glo dat die kennis wat leerders hier opdoen, hulle voorberei vir die vinnig-groeiende tegnologiese wêreld waarin ons leef.

Rekenaarklas

 

 

 

Die tyd is nou

 

Laerskool Montagu is ʼn waardegedrewe skool wat Christelike en universele waardes belangrik ag en in ons skoolgemeenskap doelgerig nastreef.

Die uitleef van hierdie waardes word gekoppel aan ʼn jaartema, waaraan maandelikse waardes gekoppel word. Weekliks word onderafdelings van die maand se waarde beklemtoon, waar leerders wat die waarde op ʼn besondere wyse uitgeleef het, erkenning kry deur ʼn pragtige sertifikaat wat tydens saalopening uitgedeel word.

Die WKOD het twee projekte, wat by mekaar aansluit, uitgerol na elke skool. Dit staan bekend as die Transform to Perform en Change Mindset projekte. Hierdie waardegedrewe projekte sluit perfek aan by die waardegedrewe stelsel van die skool, wat reeds vir etlike jare formeel bestaan.

Mag die Jaartema, Die tyd is nou, waarlik vir ons leerders, personeel en ouergemeenskap ‘n positiewe ervaring wees, sodat ons elke dag doelgerig in dankbaarheid kan leef.

 

Die Biblioteek is 'n bedrywige lokaal. Uiteraard word boeke uitgeneem vir die genot van lees. Dit word egter ook gebruik vir navorsing om take te voltooi en om boekverslae te skryf of as mondelinge onderwerp aan te bied. Leerders, sowel as onderwysers, maak in groot mate gebruik van die biblioteek sodat die leerder sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel.

Die skool se Jaartema, (hierdie jaar Die Tyd is nou) bied ‘n wye uitbeeldingspotensiaal. Die hooftema, sowel as subtemas per maand en week, word op die kennisgewingbord in die portaal van die biblioteek uitgebeeld.

Daar word ook elke jaar ‘n aantal boekuitstallings aangebied wat leerders, ouers en lede van ons plaaslike gemeenskap die geleentheid bied om nuwe boeke aan te skaf. Terselfdertyd trek die skool voordeel daaruit deurdat ons 'n goeie korting op aankope kry, of as alternatief, 'n aantal nuwe boeke wat ons boekevoorraad uitbrei.

Wat werkswyse betref, word daar elke kwartaal ‘n biblioteekleier vir elke klas in elke graad aangewys. Dit is vir leerders dan ook ‘n eer om in dié hoedanigheid sy/haar leierskapspotensiaal te benut. Verder word daar ook elke week twee leerders aangewys wat die voorreg het om behulpsaam te wees deur uitleenkaartjies en boeke agter die uitleentoonbank te stempel.

'n Altyd-gewilde bykomende aktiwiteit in die biblioteek is dat leerders toegelaat word om legkaarte te bou wanneer hulle reeds boeke uitgesoek het. Benewens die genot daarvan, leer hulle om met mekaar saam te werk: legkaarte bied die geleentheid om die vaardigheid te ontwikkel om 'n geheel saam te stel uit verskillende dele. Legkaarte bevat dan ook in sommige gevalle geografiese, geskiedkundige of biologiese feite.

Voorwaar 'n leerskool vir die lewe.

Biblioteek

 

 

RSS

CopyWrite

© 2016 Laerskool Montagu All Rights Reserved