Nuutste Nuus

Kwartaalprogram - Kw 4

 

 

2018/2019 GEGRADUEERDE INTERNSKAPPROGRAM (Wes-Kaapse Regering)

INTERNSKAPPROGRAM

 

INTERNSHIP PROGRAMME

 

IPROGRAM YANGO

 

 

Volg ons nuutste gebeure:

 

 

Ondersteun ons skool:

SKOOLDRAG VIR LEERDERS

SEUNS

  • wit langmouhemp/kortmouhemp met knoop in die winter
  • wit oopnek kortmouhemp in die somer
  • swart skooltrui of swart oortrektrui by grys broek
  • grys skoolkouse tot by knie (nie sokkies)
  • skoolsweetpak-baadjie
  • grys kortbroek (somer)
  • grys langbroek met skoene (winter); 'n Standaard swart gordel ("belt") sonder versierings, word daarby gedra, mits die broek nie 'n rek agter het nie.
  • 'n Swart reënbaadjie mag gedra word tot by skool, maar moet uitgetrek word as hulle in skoolgebou/klaskamer is.
  • skooldas (winter)
  • swart veterskoene (winter); Indien in somer gedra word, mag skoene nie uitgetrek word in die loop van die dag nie; by 'n kortbroek word lang, grys kouse (knielengte) gedra.
  • slegs swart serpe en swart handskoene
  • slegs Montie-pet, Montie-tennispet, Montie-mus of Montie-kriekethoed
  • Wintersdrag: skoene en das vanaf 1 Mei; somersdrag vanaf 1 Oktober
  • Leerders wat aan sportoefening deelneem, mag op die dag van die oefening, sportdrag dra, mits dit die volledige amptelike voorgeskrewe skoolsweetpak-broek en -baadjie is. Geen ander hemde mag gedra word nie. Geen trui mag gedra word sonder 'n baadjie nie. Wit sokkies en voorgeskrewe tekkies moet saam met die sweetpak gedra word.
  • Wit sportsokkies word by die sportdrag gedra. Geen "secret socks" nie.
  • Tekkies: Sporttekkies moet saam met die sweetpak gedra word. Tekkies kan wit, donkerblou (navy), swart of grys wees. Geen neonkleur-tekkies of -veters sal toegelaat word nie. Leerders mag ook net sporttekkies dra en nie informele tekkies of ander informele skoene nie.
  • Plakkies: Goedgekeurde plakkies met "Monties" daarop mag by somerdrag gedra word. Plakkies mag nie by 'n sweetpakbroek gedra word nie. Plakkies mag ook voor en na skool by skooldrag gedra word. Geen ander plakkies mag by skooldrag gedra word nie.

 

MEISIES

  • groen skoolromp (soos by Carina's te koop; winter en somer) of grys langbroek (winter); romp nie korter as 'n handbreedte bokant kniekop nie
  • swart skooltrui of swart oortrektrui saam met groen rompie of langbroek
  • skoolsweetpak-baadjie
  • wit sokkies (somer); netjies omgevou
  • wit langmouhemp/kortmouhemp met knoop in die winter
  • wit oopnek kortmouhemp in die somer
  • skooldas (winter)
  • "Opaque" sykouse (dikker swart sykous) in die winter. Grys skoolkouse mag nie saam met 'n romp gedra word nie. By 'n grys langbroek moet grys skoolsokkies / -kouse gedra word.
  • swart skoolskoene (winter); Indien in somer gedra, mag skoene nie uitgetrek word gedurende die loop van die dag nie.
  • slegs swart serpe en swart handskoene
  • slegs Montie-pet, Montie-tennispet, Montie-mus of Montie-kriekethoed
  • Wintersdrag: skoene en das vanaf 1 Mei; somersdrag vanaf 1 Oktober
  • Leerders wat aan sportoefening deelneem mag, op die dag van die oefening, sportdrag dra, mits dit die volledige amptelike voorgeskrewe skoolsweetpak is.
  • Geen ander hemde mag gedra word nie. Geen trui sonder 'n baadjie mag gedra word nie. Wit sportsokkies moet saam met die sweetpak gedra word. Geen "secret socks" nie.
  • Tekkies: Sporttekkies moet saam met die sweetpak gedra word. Tekkies kan wit, donkerblou (navy), swart of grys wees. Geen neonkleur-tekkies of -veters sal toegelaat word nie. Leerders mag ook net sporttekkies dra en nie informele tekkies of ander informele skoene nie.
  • Plakkies: Goedgekeurde plakkies met "Monties" daarop mag by somerdrag gedra word. Plakkies mag nie by 'n sweetpakbroek gedra word nie. Plakkies mag ook voor en na skool by skooldrag gedra word. Geen ander plakkies mag by skooldrag gedra word nie.

 

SPORTDRAG

ATLETIEK:

  • Oefen: wit gholfhemp en swart broek
  • Byeenkomste: wit gholfhemp met wapen en swart broek (of atletiekfrokkie)
  • Die voorgeskrewe tekkies by sportdrag word gedra. Wit sokkies word by sportdrag gedra.

 

RUGBY:

  • Oefen: enige oefentrui en enige rugbybroek
  • Wedstryd: skool voorsien rugbytrui
  • Swart broek

 

NETBAL:

  • Gr. 1-2 dra sportdrag m.a.w. swart kortbroek en wit gholfhemp of voorgeskrewe netbalhempie en rompie. Die voorgeskrewe tekkies by sportdrag word gedra. Wit sokkies word by sportdrag gedra.
  • 0.9-0.13 dra voorgeskrewe netbaldrag van skool. Die voorgeskrewe tekkies by sportdrag word gedra. Wit sokkies word by sportdrag gedra.

 

KRIEKET:

  • Oefening: wit gholfhemp en swart broek, skoolkouse en tekkies
  • Wedstryd: swart sweetpakbroek, wit gholfhemp met wapen en grys skoolkouse saam met voorgeskrewe tekkies
  • Mini-krieket: wit gholfhemp met wapen met swart broek; kaalvoet

 

TENNIS:

  • Oefen: wit gholfhemp/netbalhemp en swart broek/netbalrompie. Die voorgeskrewe tekkies by sportdrag word gedra. Wit sokkies word by sportdrag gedra.
  • Wedstryd (seuns en dogters): wit gholfhemp/netbalhemp met die skoolwapen en swart broek / netbalrompie word gedra. Die voorgeskrewe tekkies by sportdrag word gedra. Wit sokkies word by sportdrag gedra.

Let Wel: Slegs die Montie-pet, kriekethoed of tennispet (geen musse) mag gedra word buite die skoolgebou. Laasgenoemde mag nie binne die skoolgebou gedra word nie.

 

ALGEMEEN

  • Plakkies mag saam met gewone skooldrag gedra word, slegs voor en na skool - nie tydens skoolure nie. Slegs amptelike skoolplakkies mag saam met sportdrag gedra word.
  • Geen ringe, oorkrabbertjies, halsnoere, armbande. Slegs 1 paar "studs" (sonder steentjies) of "sleepers" (ringetjies) word saam met skool- of sportdrag toegelaat. Tydens alle geleenthede waar leerders in sport- of skooldrag is, asook op dae waar gewone klere gedra word, geld alle skoolreëls. "Studs" of "sleepers" word op geen ander liggaamsdeel as net die ore toegelaat nie. Slegs donkergroen, swart of wit linte in hare. Kopbande (die sonder die gaatjies), net "alice bands" en dan nie breër as 3 cm mag gedra word. Geld ook wanneer gewone klere skool toe gedra word.
  • Hare moet netjies versorg, skoon en van 'n voorgeskrewe lengte wees. Geen kleurstrepe of gekleurde hare nie. Haarverlengings moet van dieselfde kleur en tekstuur wees. Haarrekkies mag slegs wit, swart of donkergroen wees en GEEN ander kleur nie. Slegs rekkies of "bolletjies" word in hare toegelaat en geen ander voorwerpe nie(geen beertjies ens. nie). "Banana clips en haarkammetjies word ook toegelaat, mits dit netjies is. Knippies mag blink, wit, donkergroen of swart wees. Geld ook wanneer gewone klere skool toe gedra word.
  • Vir seuns moet hare kort wees volgens die vorm van die kop. Hare moet egalig gesny word en geen lyne, riwwe of egige vorm van patroon of onegalige styl mag gedra word nie. Hare mag nie aan kraag, ore of ooghare raak nie. Gel en ander stileermiddels in hare is ontoelaatbaar en hare mag ook nie gekleur word nie.
  • Naels moet skoon, netjies, kort wees. Geen naellak (ook nie kleurlose) mag op naels of toonnaels wees nie.
  • Op elke kledingstuk wat deel uitmaak van 'n leerder se skool- of sportdrag, moet die naam van die betrokke leerder met nie-wasbare ink in duidelike skrif aangebring word.
  • Die voorgeskrewe amptelike skooldrag en sportdrag is verpligtend vir elke leerder. Indien 'n leerder om 'n grondige rede nie in staat is om te voldoen aan die voorskrif in verband met die dra van die amptelike skool- of sportdrag nie, mag die ouer of voog vertoë in dié verband tot die Beheerliggaam rig.
  • Die dra van amptelike skooldrag is verpligtend vir skoolbywoning, die bywoon van amptelike skoolfunksies en deelname aan georganiseerde skooltoere of uitstappies, tensy anders gereël. Tensy anders gereël, word by sulke geleenthede skoene en dasse gedra.
  • Slegs die voorgeskrewe hoofbedekkings mag saam met skool- of sportdrag gedra word. In die somermaande mag leerders die pet gedurende pouses dra. Dit moet egter afgehaal word sodra hul die skoolgebou betree.

 

 


CopyWrite

© 2016 Laerskool Montagu All Rights Reserved