Grondslagfase
- Slegs die Montie huiswerkboek mag gebruik word.
- Huiswerk word afgeskryf op die dag waarop dit klaar moet wees.
- Huiswerk word op die bord geskryf en dit is die onderwyser se verantwoordelikheid om toe te sien dat die huiswerk korrek afgeskryf is. Die leerders moet genoeg tyd kry om die huiswerk af te skryf.
- Die inligting wat in die huiswerkboek geskryf word is slegs ter herinnering aan 'n opdrag wat reeds met hulle in die klas bespreek is.
- Alle werk wat vir huiswerk gegee word kan geassesseer word.
- Alle toetse wat oor groot volumes werk handel sal 5 skooldae voor die toets op die bord verskyn.
- Leerders moet nie net aandag skenk aan die werk wat vir die volgende dag vir huiswerk is nie, maar moet veral ook aandag gee aan die werk wat vooruit gegee word. Ouers teken egter slegs by die huiswerk wat vir die volgende dag gegee is.
- Nie net toetse word geassesseer nie. Assessering vind plaas volgens KABV voorskrifte en kan die volgende, wat nie noodwendig voorberei kan word nie, insluit:
* Hoofrekentoetse | * Luisteraktiwiteite |
* Werkkaarte/take | * Onvoorbereide lees |
* Praktiese werk | * Begriptoetse |
* Kreatiewe skryfwerk | * Woordeskat ens |
- Ouers is verantwoordelik om toe te sien dat die huiswerk gedoen word en dan die huiswerkboek te teken. Indien 'n leerder afwesig was, is dit sy/haar plig om die huiswerk uit te vind.
- Indien die ouer 'n brief in die huiswerkboek skryf, is dit die leerder se plig om die brief aan die onderwyser te wys. Die onderwyser sal dan by die brief teken as bewys dat hy/sy kennis geneem het van die brief.
- Alle praktiese hulpmiddele wat skool toe gebring moet word vir tegnologie sal ten minste 2 skooldae voor die tyd aan die leerders deurgegee word.
Intersenfase
- Slegs die Montie huiswerkboek mag gebruik word.
- Huiswerk word afgeskryf by die datum wanneer dit voltooi moet wees.
- Die huiswerk word op die bord geskryf en die leerder is self verantwoordelik vir die afskryf van die huiswerk.
- Dit is nie die onderwyser se verantwoordelikheid om huiswerk af te skryf of om seker te maak dat die leerders dit korrek afskryf nie. Die onderwyser moet egter vir die leerders tyd gee om hul huiswerk af te skryf.
- Die inligting wat die leerder in die huiswerkboek afskryf is slegs daar om die leerder te herinner aan die opdrag wat reeds in die klas aan hulle verduidelik is. Die opdrag sal nie woord vir woord op die bord verskyn nie.
- Alle lees, spel, tafels, toetse, leerwerk, projekte ens. wat as huiswerk gegee word kan geassesseer word. Alle voorbereidingswerk wat as huiswerk gegee word, sal vroegtydig op die bord verskyn om die leerder kans te gee om hom/haar goed voor te berei.
- Alle toetse wat oor ‘n groot volume werk handel, sal 5 skooldae voor die toets geskryf word, op die bord verskyn. Gefotostateerde toetsleerwerk mag ook aan leerder gegee word om in huiswerkboek te plak of elders te bewaar, soos deur die onderwyser bepaal.
- Leerders moet nie net aandag gee aan die werk wat vir die volgende dag gegee word nie, maar moet veral ook aandag skenk aan die werk wat vooruit gegee word.
- Nie net toetse word geassesseer nie. Assesseringstake kan die volgende insluit (wat nie noodwendig voorberei kan word nie):
Voorbeelde: Hoofrekentoetse, werkkaarte/take, groepwerk, praktiese werk, luistertoetse, onvoorbereide lees, begripstoetse, opstelle, plakkate, skryfwerk, opsommings, woordeskat ens. Bogenoemde vind plaas volgens KABV voorskrifte.
- Ouers is verantwoordelik om toe te sien dat huiswerk gedoen word en dan die huiswerkboek te teken.
- Indien die ouer 'n brief in die huiswerkboek aan 'n onderwyser skryf, is dit die leerder se plig om dit aan die onderwyser te wys. Die onderwyser sal dan by die brief teken as bewys dat hy/sy kennis geneem het van die brief.