Skoolfonds 2022
Totale skoolgeld vir 2022 sal R11 220 beloop met die volgende betaalplan:
- Eerste betaling van R1020 betaalbaar voor 31 Januarie 2022, plus tien verdere paaiemente van R1020 elk maandeliks vooruitbetaalbaar vanaf 1 Februarie 2022 tot 1 November 2022.
Rekenaargeletterdheid
- Ekstra Rekenaargeletterdheid: Klasgeld is R1000 per jaar of R250 per kwartaal en geskied teen die tiende skooldag van elke kwartaal. Rekenaargeletterdheid-onderrig is opsioneel, daarom word slegs leerders wat dié betaling maak tot die lokaal toegelaat. Ekstra tyd binne die rooster word hiervoor ingeruim.